Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (NG Kerk) sien homself as ‘n deel van die Christelike geloofsgemeenskap. Gaan lees gerus meer op die NG kerk webwerf of kom gesels met een van ons leraars.
Op die hoogste punt van Heuwelstraat in Proteahoogte, is ʼn spesiale bymekaarkomplek.
Nog voordat daar ʼn gebou opgerig is, was dit al die kuier- en speelplek vir kinders en gesinne in die omgewing. Proteahoogte gemeente bestaan van die begin af uit ʼn groot groep mense wat ʼn droom vir Brackenfell en omgewing het.
God het ons geïnspireer deur Esegiël 47. Soos wat die water uit die tempel verder geloop het, het dit al hoe dieper en sterker geword. So is ons geroep om ʼn verskil in die lewens van die mense in ons omgewing te maak. Ons het daarom gesê: Ek Gee Om. Want dit is wat dit beteken om God lief te hê.
Ons het geleer dat God ons graag ontmoet en toerus om sy droom vir Brackenfell en omgewing waar te maak. Maar ons het ook geleer dat God ons veral toerus wanneer ons saam met ander mense beleef hoe die Lewende water ons nuut maak.
Ons is nou by ʼn tyd in Proteahoogte se storie, waar die verhaal van Jesus se ontmoeting met die vrou by die put in Johannes 4, ons visie verder neem.
Vanuit die visie en droom vir ons, soos ons dit in Esegiël 47 kry, het ʼn volgende fase vir ons aangebreek. Jesus ontmoet ʼn vreemdeling by ʼn openbare put. Haar lewe verander. En sy vat die Lewende water na haar mense toe, sodat hulle ook nuut word.
Op die hoogste punt in Heuwelstraat in Proteahoogte, is ons spesiale bymekaarkomplek waar ons hierdie roeping en visie met mekaar en die wêreld deel. Proteahoogte: Waar God ons ontmoet en verander vir ander.
In 2013 het ons vrae vir almal in ons gemeente gevra by ‘n verskeidenheid van geleenthede. Na hierdie oefening het ons Visioneering span stil geraak by God en kom hoor wat Sy visie vir die gemeente is. Daar is 6 waardes vir Proteahoogte geidentifiseer, naamlik:
Proteahoogte het ‘n verskeidenheid van bedienings wat funksioneer vanuit die kerkgebou. (Vroue oefen groep, gebed geleenthede, senior Bybelstudie, lees meer by ons bedienings struktuur.)
Die voortrekkers gebruik ook op Vrydae middae die kerk perseel vir hul weeklikse klasse. Bloedskenking vind ook plaas op ‘n gereelde basis. Hou die eGo Nuusbrief dop vir meer geleenthede.
Lees gerus meer onder kontak besonderhede.
Proteahoogte het fantastiese personeel, wat as ‘n span werk om seker te maak dat die alledaagse verantwoordelikhede vlot verloop.
Ons het twee eredienste op ‘n Sondag. Ons oggend familiediens begin 9:00 tesame met die Junior Kategese. Ons het ook 18:00 ‘n aanddiens en dan Jeug omgeegroepe (Senior kategese) vanaf 19:00 tot 20:00.
Kleuterkerk (Voorskool 2jr – 5jr): in Mini-saal
Kinderkerk (Graad R): By die “Gat” onder die verhoog.
Kinderkerk (Graad 1 – Graad 6): Almal kom by die Bo-Vertrek bymekaar en beweeg dan na klassie.
Almal kom na die familie diens 18:00 en beweeg dan na groepe.
Ons gasvryheid span bedien weekliks koffie en tee in die gemeente. Kom geniet gerus ‘n koffie of tee na kerk in die voorportaal. Kom ontmoet nuwe gesigte en gesels saam.
Lees meer oor die onderstaande vrae, of vir verdere navrae kontak gerus ons kerkkantoor op 021 982 1041 of epos kkantoor@proteahoogte.co.za.
Baie welkom by Proteahoogte gemeente, ons hoop dat jy sommer baie vinnig tuis sal voel by ons gemeente.
Ons het ‘n bietjie inligting bymekaar gesit oor die gemeente, gaan lees gerus meer.
Ons vra dat jy asb. die onderstaande vorm invul, jy kan een van twee opsies volg:
Die kerk kantoor sal jou kontak sodra ons hierdie vorm ontvang en verwerk het. Intussen is jy welkom om elke Sondag na die familiediens saam koffie en tee te geniet.
As ‘n gemeente wil ons graag almal aanmoedig om deel te wees van ‘n omgeegroep. Elke persoon het die behoefte om aan iets of êrens te behoort. Binne in die kerk bied die omgeegroepe elke individu hierdie geleentheid.
Die volgende eienskappe is dan ook deel van die Omgeegroep bediening:
Om uit te vind watter omgeegroep jou profiel en behoeftes die beste pas kontak Christo by 084 490 0923 vir meer inligting.
Baie geluk met hierdie spesiale stap in jou lewensverhaal. Die huwelik is een van die mees verrykende verhoudings wat jy ooit sal hê. Daarom is vir ons baie belangrik om ‘n pad te stap saam met elke voornemende huwelik paartjie, om seker te maak dat jy en jou huweliksmaat toegerus is vir julle huwelik.
Ons leraars bied voorhuwelikse klasse aan waar jy meer oor jouself en jou voornemende huwelik maat sal leer. Om ‘n afspraak met ons leraar te maak kontak gerus ontvangs by die kerk kantoor by 021 982 1041.
Vir meer inligting rondom die kostes verbonde aan die kerksaal te huur, kontak gerus ons koster, Suzette Maree.
Wat ‘n voorreg om jou klein kindjie voor God te bring en te beloof om hom of haar met God se lering groot te maak. Dit is ‘n baie spesiale geleentheid wat ons gemeente op die eerste Sondag van elke maand vier.
Die leraar wat die spesifieke Sondag gaan doop sal met die Skakelbeampte reël om u te kontak ‘n paar dae voor die Donderdagaand om by die Kerkkantoor te vergader saam met al die ander doop egpare. Daar word die doopgesprek as groep behandel wat doop egpare op hul gemak plaas en sommer die kans gee om mekaar beter te leer ken.
Dit hang van ouers af –ouderdom is nie ter sprake nie.
Die doop gesprek moet nog steeds by ons gedoen word. Die leraar wat die gesprek gevoer het sal dan ‘n toestemmingsbrief rig aan die leraars van die Gemeente waar die doop gaan plaasvind, wat die egpaar dan saamneem. Die Gemeente waar die doop gaan plaasvind sal dan die Maandag die kleinding op hul register plaas en dan oorplaas na ons Gemeente toe.
Indien julle graag in Proteahoogte wil doop vra ons dat jy die vorm invul en stuur na kkantoor@proteahoogte.co.za.
Ons kantoor personeel, gaan graag die ekstra myl om jou en jou gesin gedurende hierdie tyd van afskeid te ondersteun.
As jy ‘n begrafnis moet reël kontak gerus vir ontvangs by ons kerk kantoor vir verdere inligting. Die kantoor nommer is 021 982 1041.
As u besoek van ons leraars verlang gedurende hierdie tyd, skakel hulle gerus.