13-15 Oktober 2017 – Familiekamp by Koningskop

Dit is weer sulke tyd! Ons gaan saam gaan as gemeente saam kamp. Almal is welkom! Hierdie jaar wil ons graag alle bespreekings deur die gemeente doen sodat ons staan plekke naby mekaar kan wees.

Ons het 3 opsies beskikbaar:

OPSIE EEN

Bring jou eie kamptoerusting en betaalR120 per persoon per dag, R65 per kind onder 12 jaar, kinders onder 2 jaar verniet.

OPSIE TWEE

Huur kamptoerusting en betaalR940 vir 2 volwassenes en een kind onder 2 jaar vir die naweek. OF R 1880 vir 4 volwassenes of 2 volwasseness en twee kinders onder 12 jaar.

OPSIE DRIE

Huur ‘n huisie en betaalVanaf R850 per dag vir 4 mense, beperkte eenhede beskikbaar.

Alle besprekings moet voor 31 Augustus 2017 gemaak word by Luané – 081 591 7982 of epos luane.buys@gmail.com.

Kamp saam!

Wil jy graag saam kamp? Vul hierdie vorm in en Luané sal jou die nodige instuksies stuur. Let wel alle gelde moet teen einde Augustus tenvolle betaal word sodat ons jou plek kan bespreek.






Meer besonderhede

Koningskop

Hierdie jaar se kamp vind plaas op 13-15 Oktober 2017. 

Koningskop in Citrusdal bied ‘n verskeidenheid van aktiwiteite. Staproetes, visvang, 4x4 roetes en bergfiets roetes.

Gaan lees meer op www.koningskop.com

Huur kamptoerusting

Kamp saam al het jy nie toerusting nie!

Gemeentelede van Proteahooge besit You2Camp, wat daarin spesialiseer om kamptoerusting te verhuur. You2Camp slaan jou tent op en maak seker dat jy alles het wat jy nodig het om die naweek saam te geniet.

Lees meer by: you2camp.com