By: Wolfgang Arnold

By: Wolfgang Arnold

Neem deel aan die (Er)Varingfees fotokompetisie! Foto’s sal gedurende die week van die fees uitgestal word by die gemeente.

Reëls:

  1. Die tema is Tou.
  2. Daar is vyf kategorieë: Kombuis, Speelgrond, Natuur, #filter, Abstrak.
  3. Daar sal drie pryse toegeken word per kategorie, een vir laerskool, hoërskool en naskool.
  4. Koste is R10 per inskrywing, jy mag meer as een keer inskryf. Inskrywings sluit Vrydag, 20 Mei 2016.
  5. Jy mag gebruik maak van “props”, grimering, beligting, ens, maar TOU moet die fokuspunt van die foto wees.
  6. Alle inskrywings moet jou eie oorspronklike werk wees.
  7. NGK Proteahoogte mag jou foto gebruik.

Epos jou foto na luane.buys@gmail.com tesame met jou naam, van, ouderdom en kategorie. Inskrywingsfooi betaalbaar by kerkkantoor of by Luané McLachlan – 081 591 7982 | luane.buys@gmail.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *