Die Dare2Care bediening is ‘n groep gewone mense wat graag ‘n verskil wil maak in die gemeenskap. Dis span gee om deur, pannekoeke bak vir fondsinsamelings vir skole en outehuise, ondersteuning van gesinne in die gemeenskap, uitreike na outehuise en kinderhuise, en soveel meer.
Dare2Care reël twee keer ‘n jaar mark dae, hierdie mark dae gun entrepreneurs in ons gemeenskap die geleentheid om ‘n inkomste te verdien terwyl daar nodige fondse vir die Dare2Care projekte genereer word.
As jy graag op ‘n manier wil deel raak kontak gerus vir Annelise Beckman by d2cwintermark@gmail.com of 084 599 2001.
Keuring sal 13 April wees in mini-saal vanaf 10vm tot 2nm.
Keuringsdatum sal nog bevestig word.